Dinsdag 27 Augustus 2013

My liefde vir kreatiewe handwerk.

Ek onthou dat ek van ‘n baie jong ouderdom af reeds lief was vir enige iets kunsig. Ek het van kindsdag af besef dat ek daarvan hou om verjaarsdag kaartjies en handgemaakte geskenkies vir my familielede te maak.

Sodoende het ek opgelet dat dit vreugde bring aan anders. Ek het besef dat ‘n handgemaakte geskenk veel meer waarde as ‘n gekoopte een het. Dit het my geïnspireer om aan te hou met my kreatiewe handewerk, want nie net maak dit my gelukkig nie maar ander ook.
Ek het op laërskool besef dat mens vele wonderlike goed kan skep met papier. Ek is mal daaroor om met my eie hande iets te maak. Ek pak graag doen dit jouself takies aan soos verf op lap, "Origami" papier vou en ook "Scrapbooking".

Ek was vir meer as vyf jaar betrokke in my gemeenskap en het by verskeie organisasies kreatiewe handwerk werkswinkels aangebebied en dit was wonderlik om te sien hoe mense hul eie kreatiewiteit kan gebruik om sommer net uit rommel 'n wonderlikke skepping te kan maak.

Geduerende my proef onderrig het ek ook  weer besef hoe lekker dit is om jou eie verbeelding en emosies te kan gebruik om  jouself kreatief te uiter.


Tot volgende week.........