Ek onthou dat ek van ‘n baie jong ouderdom af reeds
lief was vir enige iets kunsig. Ek het van kindsdag af besef dat ek daarvan hou
om verjaarsdag kaartjies en handgemaakte geskenkies vir my familielede te maak.
Sodoende het ek opgelet dat dit vreugde bring aan
anders. Ek het besef dat ‘n handgemaakte geskenk veel meer waarde as ‘n
gekoopte een het. Dit het my geïnspireer om aan te hou met my kreatiewe
handewerk, want nie net maak dit my gelukkig nie maar ander ook.
Ek het op laërskool besef dat mens vele wonderlike
goed kan skep met papier. Ek is mal daaroor om met my eie hande iets te maak.
Ek pak graag doen dit jouself takies aan soos verf op lap, "Origami"
papier vou en ook "Scrapbooking".
Ek was vir meer as vyf jaar betrokke in my gemeenskap
en het by verskeie organisasies kreatiewe handwerk werkswinkels aangebebied en
dit was wonderlik om te sien hoe mense hul eie kreatiewiteit kan gebruik om
sommer net uit rommel 'n wonderlikke skepping te kan maak.
Geduerende my proef onderrig het ek ook weer besef hoe lekker dit is om jou eie
verbeelding en emosies te kan gebruik om
jouself kreatief te uiter.
Tot volgende week.........
Enkele opmerkings:
AntwoordVee uit1. kunsig - kunstig
2. kindsdag - kleins
3. anders - ander
4. laërskool - laerskool
Ek sien uit daarna om jou volgende pos te lees. Dalk kan ek 'n paar idees by jou optel.
AntwoordVee uitMy verloofde het 'Origami' rose vir my gemaak, en dit was vir my beter as regte rose. So ek stem saam dat handgemaakte geskenkies beslis meer beteken.
AntwoordVee uitJy's inderdaad 'n vrou met verskeie talente.
AntwoordVee uit