Die naam van my "blog" beskryf
myself. Ek is 'n skaam persoon met 'n kreatiewe siel. Ek uiter myself beter
deur my kreatiewe sy te gebruik. Ek sal liewer vir iemand 'n handgemaakte
geskenkie of kaartjie maak met 'n spesiale
boodskap vir hul verjaarsdag as om 'n toespraak te lewer.
Wanneer ek besig is met 'n kreatiewe projek, is ek in 'n ander wêreld. Ek leef myself uit en vergeet van al my sorge. Ek voel weer soos daardie kleuter wat oral teen die mure teken. Dis vreeslik ontspanend en ook 'n wondelikke manier om geld te bespaar, veral in die beroep wat ek myself begewe. Daar is soveel hulpbronne wat ek vir my klaskamer kan optower en selfs vir die kinders kan leer om te maak. Ek is seker hulle sal dit terdeë geniet.
Ek maak jaarliks, papier blommetjies
of mandjies vir die kerk se bezaar. My jongste poging is om ou konfyt blikke te
herwin en dit te omskep. Dit kan gebruik word as
pennehouers.
Penneblikkie |
Tot volgende week...............
Ek hou baie van jou kreatiewe projek. Dit is ook een van my stokperdjies, en ek geniet dit baie om my kreatiewe projekte aan te neem. Miskien kan jy 'n paar idees vir my gee ;)
AntwoordVee uitHierdie opmerking is deur die outeur verwyder.
AntwoordVee uitEnkele opmerkings:
AntwoordVee uit1. uiter myself - druk myself uit
2. bezaar - basaar
3. konfytblikke - een woord