Woensdag 18 September 2013

Daleen se les.



Daleen knyp haar oë styf toe en wens dat die vloer oop kraak en haar lewendig insluk. Sy voel hoe haar wange bloedrooi word.

Sy was nog altyd ’n doodgewone mens, van kleins af was sy lief vir teken en om haar kreatiewe sy uit te leef. Dit was vir haar opwindend om meer te leer oor kuns.

Daardie dag het sy besef dat die kuns kurses, waarvoor sy opgeteken het stil lewe tekeninge insluit. Dit het beteken dat sy nie net mooi blomme en vrugte rangskikkings moes teken nie , maar  naakte persone ook.

Daleen staar daardie dag na ‘n oom wat haar oupa kon wees. Sy weet nie watter kant toe om te kyk nie, maar tog moet sy kyk en teken. Alles wat sy sien, elke kreukel en lyn het so diep ingesink dat haar middagete summuur opgeduik het in haar keel.

Sy het probeer om dit weg te sluk maar niks het gehelp nie.  Sy het heel voor gesit in die klas en was opsoek na ‘n uitweg vir haar situasie. Al wat uitstaan was die emmer wat die oom gebruik het om sy manlikheid te beskerm. Sy onthou steeds hoe sy met een vinige beweging die emmer gryp en hoe sy met alle geweld daarin braak.

Toe staan die oompie, poedelnaak. Hy het haar net een kyk gegee en toe neem hy weer sy posisie in, koel en kalm asof niks gebeur het nie.

‘n Les wat Daleen nie gou sal vergeet, moet nooit toelaat dat 'n situasie jou onkant betrap nie.

Tot volgende week..........................................

3 opmerkings:

  1. Goeie storie!

    Enkele opmerkings:

    1. kurses - kursus
    2. opgeteken - ingeskryf
    3. summuur - summier
    4. opsoek - op soek
    5. vinige - vinnige
    6. sal vergeet - sal vergeet nie

    AntwoordVee uit
  2. Jou storie het my nou lekker laat lag.

    AntwoordVee uit
  3. Baie intense storie, my tone krul nou letterlik van lekker lag.

    AntwoordVee uit