Woensdag 25 September 2013

Materiaalverf



Materiaalverf, of lapverf soos dit ook bekend staan, is een van die gewildste stokperdjies in die land. Dit is kreatief en terselfdertyd heerlik ontspannend.

Jy benodig die volgende:
  • 100%  suiwer katoen
  • Varkhaarkwaste no.1, 3 en 5
  • Materiaalverf in "Hunters Green", "Blush Pink" en "Rose Red"
  • 'n Stuk afval lap om jou kleure op te toets.
Wenk: 'n ysbakkie is perfek om kleure in te meng. Jy kan dit oortrek met kleefplastiek wanneer jy klaar is daarmee om jou verf 'n langer raklewe te gee.


Instruksies:

  1. Kry 'n templaat waarvan jy hou en trek dit af met 'n wasgoedmerker op 100% katoen lap.
  2. Meng die kleure wat jy benodig vooraf en werk met een kleur op 'n slag (bv. verf al die blare eerste) en laat dit droog word.
  3. Verf dan die ligste rosies, voordat jy met die donker skakeerings begin. Jy kan jou vinger gebruik om die kleure te meng terwyl jy op die lap verf.
  4. Skakeer die rosies met die rooi verf en laat dit droog word.
  5. Wanneer die lap heeltemal droog is, verkieslik na 'n paar dae, kan die lap op die agterkant met  'n strykyster gestryk word. Stel die yster op hoe hitte. Stryk die lap kol vir kol, vir ongeveer 3 minute per area. Maak seker dat elke deeltjie van die lap gestryk is, anders sal die verf op die plekke waar die lap nie goed gestryk is nie vloei of uitwas.


4 opmerkings:

  1. Enkele opmerkings:

    1. skakeerings - skakerings (lang klank in oop lettergreep)
    2. hoe - hoë

    AntwoordVee uit
  2. Ek en my dogter sal hope pret hê met hierdie aktiwiteit.

    AntwoordVee uit
  3. Ek is baie beïndruk in jou kreatiewe gedagtes, ek hou van die doodeenvoudige stappe om pret te hê met materiaal verf!

    AntwoordVee uit
  4. Sjoe, maar dit is beslis 'n baie mooi skepping.

    AntwoordVee uit